0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (5)
  • R250 - R500 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 6 of 6 matches in All Departments

Jagter (Afrikaans, Paperback): Bettina Wyngaard Jagter (Afrikaans, Paperback)
Bettina Wyngaard
bundle available
R290 R232 Discovery Miles 2 320 Save R58 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Klippe, messe en pyle uit ’n kruisboog: Die vreemste – en wreedste –misdaadtoneel in Kaptein Nicci de Wee se loopbaan.

Dan moet sy en haar nuwe taakspan boonop bontstaan om saam met die nimlike Blackie Swart ’n internasionale insident te voorkom.

Ook op haar lessenaar: die dood van twee jong meisies. En die angswekkende vermoede dat al hierdie sake met mekaar verband hou.

Met soveel kinkels in die kabel soos dooies in die staatslykhuis, moet Nicci-hulle alles tot hul beskikking inspan om ’n nuwe hel af te weer: van ’n rekenaarfundi, tot stiletto’s en selfs ’n paar petrolbomme.

Gou kom Nicci agter die monsters wat haar lewe en dié van haar kollegas bedreig, is gevaarliker as Ramoth, vlymskerp polisiefotograaf Stella Jansen se mak Komododraak.

In Jagter, haar derde Nicci de Wee-riller, draai Bettina Wyngaard al die krane oop.

Lokval (Paperback): Bettina Wyngaard Lokval (Paperback)
Bettina Wyngaard
bundle available
R290 R232 Discovery Miles 2 320 Save R58 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Nicci de Wee hou haar lyf deesdae privaat speurder. Maar wat as sy ’n kans kry om die skurke wat Tom en Aynaz se dood veroorsaak het, aan die pen te laat ry? Wat as sy ’n internasionale sindikaat wat roof, verkrag en moor vir wins, kan vernietig?

Vir so ’n geleentheid gaan sy tydelik terug polisie toe. Natuurlik betrek sy Blackie, Henk en Stella ook, maar dis nie sonder komplikasies nie. Haar span is dieper geraak deur die verlies van hul kollegas as wat hulle self besef. Boonop kom die skerpskutter terug wat hulle voorheen gehelp het. Maar is hy vriend of vyand? Hoekom word die name van mense, onmiskenbaar op ’n moordlys, so meedoënloos afgetik deur iemand met ’n koel kop en peperduur smaak in whisky? Vir Nicci voel dit of die roesagtige reuk van bloed haar agtervolg. En een slagoffer is wreder en meer obseen gemartel as die ander.

Die plot knoop met elke kinkel stywer vas. Roosbome in die tuine van hooggeplaastes verberg die afgryslikste geheime. Voor hul oë neem mensehandel skrikwekkende afmetings aan. Nicci en haar span se opdrag is: vlek ’n internasionale sindikaat oop.

Daarom moet hulle ’n lokval stel. Maar wie is aas? En wie bobaas?

Onverskrokke Vroue - Uitdagings En Oorwinnings Vanaf Bybelse Tye Tot Vandag (Afrikaans, Paperback): Bettina Wyngaard Onverskrokke Vroue - Uitdagings En Oorwinnings Vanaf Bybelse Tye Tot Vandag (Afrikaans, Paperback)
Bettina Wyngaard
R295 R254 Discovery Miles 2 540 Save R41 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Vroue speel nog altyd 'n sentrale rol in ons samelewing. Hul rol as versorgers word erken, maar wat van oa in die kerk of sakewêreld? Het die vrou se rol oor die jare verander? Bettina Wyngaard ontleed die kwessie in 'n gesprek tussen toeka en nou en Bybel en grondwet. Sy gaan kyk na die sogenaamde "text of terrors" en hoe die eerste vroue bygedra het tot die vryheid wat vroue vandag het in alle sfere van die samelewing geniet. Maak nie saak hoe stadig hul vorentoe beweeg nie, hul beweeg.

Vuilspel (Afrikaans, Paperback): Bettina Wyngaard Vuilspel (Afrikaans, Paperback)
Bettina Wyngaard
bundle available
R280 R219 Discovery Miles 2 190 Save R61 (22%) Ships in 5 - 10 working days

’n Verhaal oor sterk vroue, bendegeweld en aanvaarding.

Niemand spreek haar as Nicola de Wee aan nie. Vir Blackie, die kollega in wie se plek sy telkens bevorder word, is sy “ounooi”; vir Peters, wat onredbaar beenaf op haar is, is sy “kaptein”; haar priestervriendin Sally noem haar “Nic”. Dis net die Khayelitsha-stasiebevelvoerder vir wie sy “kaptein De Wee” heet.

Die nag toe hulle na ’n brandende voertuig uitgeroep word, kon kaptein De Wee nie droom dat dit Thandi se motor is nie, dat sy later haar grusaam verminkte lyk sou moes uitken, en watter verreikende uitwerking die moord op haar vriendekring sou hê nie. Allermins dat sy uiteindelik die ondersoek na die moord sou moes lei.

Maar om die agt moordenaars op te spoor en hul motief te ontrafel, is nie die enigste uitdaging waarvoor Nicci in hierdie ongewoon verweefde misdaadroman taan nie. Sy het self ’n geheim wat sy slim verdoesel. Tot die aand dat sy en Blackie en Peters ’n potjie maak.

Slaafs (Afrikaans, Paperback): Bettina Wyngaard Slaafs (Afrikaans, Paperback)
Bettina Wyngaard
R290 R227 Discovery Miles 2 270 Save R63 (22%) Ships in 5 - 10 working days

’n Dag in die lewe van drie speurders van die Khayelitsha-polisiestasie is nie paintball speel nie. Vra maar vir kaptein Nicci de Wee, “Ounooi” soos haar kollega Blackie haar noem. Haar priestervriendin Sally sal dit beaam en so ook Peters, wat skaars sy oe van Nicci kan afhou. Want in Khayelitsha is die Jane Does volop: daardie vroueslagoffers wat so sonder naam op die staatspatoloog se outopsietafel beland. Maar waarom was daar vreemde vesels in die keel van ’n meisie wat aan ’n oordosis sterf en hoekom het sy en ’n tweede slagoffer dieselfde tatoeeermerk? Weldra daal Nicci en haar kollegas af in die donker onderwereld van mensehandel, begelei deur die enigmatiese, en verleidelike, doktor Gigi Gerber, kenner op die gebied van slawesindikate. En heeltyd, in die agtergrond, staan al die kwesbare ontwortelde mense van die wereld. Die speurspan in Bettina Wyngaard se nuwe riller is mense van vlees en bloed wat diep voel, in intense verhoudinge tot mekaar staan, liefhet, verliese ly en die hart aangryp.

Grietjie Se Loutering (Afrikaans, Paperback): Bettina Wyngaard Grietjie Se Loutering (Afrikaans, Paperback)
Bettina Wyngaard
bundle available
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Grietjie se loutering is die aangrypende verhaal van ’n weduwee wat haar inkomste as tydelike huiswerker verdien in Grabouw. Sy sukkel om kop bo water te hou, maar haar geloof dra haar. Wanneer haar seun deur ’n provinsiale rugbyspan gewerf word, het die gesin hoop op ’n beter lewe.

Grietjie se geloof word getoets wanneer ’n tragedie die gesin tref.

“Ek weet wanneer ek eendag by die punt kom waar ek weer met die Here kan praat met vrymoedigheid, dan wag Hy vir my. En wanneer dit voel ek kan nie meer nie, dan dra Hy my. Maak nie saak wat ek verloor nie, ek het Hom altyd. Wat meer wil ek hê?”

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Joseph Joseph Index Mini (Graphite)
R642 Discovery Miles 6 420
Sound Of Freedom
Jim Caviezel, Mira Sorvino, … DVD R325 R218 Discovery Miles 2 180
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Alva 5-Piece Roll-Up BBQ/ Braai Tool Set
R389 R346 Discovery Miles 3 460
Smart Wifi Surveillance Camera 1080P…
R1,399 R997 Discovery Miles 9 970
Bostik Glu Dots - Extra Strength (64…
R48 Discovery Miles 480
Maped Smiling Planet Scissor Vivo - on…
R26 Discovery Miles 260
Summit Mini Plastic Soccer Goal Posts
R658 Discovery Miles 6 580
Elecstor 100W Portable Power Station
 (1)
R3,999 R2,999 Discovery Miles 29 990
Power And Faith - How Evangelical…
Pontsho Pilane Paperback R280 R205 Discovery Miles 2 050

 

Partners